Flower Box het vir ons begin in 'n 3x6m winkelspasie in 2007 . Met pasie ambisie en baie harde werk is ons 10 jaar later Flower Box SA, 'n saambreel van verskeie besighede.
Flower Box Groothandel
Ons het 'n behoefte gesien vir aflewerings aan bloemistes en venues in die plattelandse dorpies van Mpumalanga. Ons koop gemiddeld 3 maal per week direk aan by die Multiflora veiling en vul ook aan by plaaslike boere en invoer agente vir spesiale versoeke.
Vir alle selfdoen projekte soos jaareindfunksies verjaardae kerk en kerssangdienste en selfs troues kan ons vars blomme en alle bloemiste benodigdhede aan winkels kerke skole en venues regoor Mpumalanga direk by die besigheid aflewer wat heel pad in water vervoer word.
Flower Box is die Mpumalanga divisie verskaffer van Super Spar, Nelspruit Crossings en Grove, Secunda Oos en Fivestar, Standerton en Volksrust. Jy kan die Flower Box kwaliteit by enige van die volgende Checkers winkels te koop kry... Ermelo Secunda Mall, Ben Fleur, Saveway en Klipfontein Witbank, Middelburg Mall, Rivedside Mall Nelspruit en Hazyview Junction.
'n Wye reeks is beskikbaar wat ook afgelewer en opgelaai kan word vir die plaaslike mark asook vir die Mpumalanga area.
'n Verskeidenheid van soorte en kleure blompotte, glasvase silver en goue blombakke houtboksies kandelare eetgerei tafeldoeke lopers servette servetringe sowel as kerse is deel van die verhurings voorraad.
Tussen beide ouma's, Kittie en Johanna, is ons met 'n skatryk erfporsie nagelaat. Hul resepte van heilsame boerekos en keurige fyngebak is die grondslag van ons spyskaart.
Kitah's is as te ware gestig en opgedra aan die twee finominale vroue wat in ons 'n liefde en passie vir bak kook kuier en geniet gekweek het.
Die koffiewinkel is gelee in 'n tradisionele historiese huis met aparte kuierkamers.
Ons kan itieme funksies en vieringe akkomodeer vir ongeveer 50 gaste.
Ons sluit hierby gratis dekor in en blomme kan addisioneel gereël word volgens behoefte en begroting.
Enige geleentheid is 'n kuier geleentheid en ons sien uit om daarvoor gasvrou te wees.
Koeke, quiche fingereetgoed fyngebak asook borde kookkos is vir wegneem of aansit beskikbaar.
Hier streef ons om die boere tradisie voort te sit van lekker kos, 'n gesellige ontspanne atmosfeer om in te kuier asof tyd stilstaan en viendskappe te koester met hartsmense.
Hier is dit nog platteland...
Die melkkos hier is regte melkkos. Jonges sê nog "Oom" en “Tannie”. Die gemeenskap ken mekaar. Vriende en bure ondersteun mekaar. Jy sien die sterre melkweg in die aand. Niks moet "nou" gebeur nie. Honde en kleuters speel saam. Buite is lekkerder as binne. Hier is amper nêrens tv skerms nie. Mense bel mekaar eerder as epos. Plaas kos is hipper lekker en baie gesond. Die kwantiteite is gladnie gesond nie. Kaggelvuur en wyn is 'n leefstyl. Almal bereik hulle "step goals”. Hulle weet dit nie eers nie. Brood is regte plaasbrood en word self gebak. Melk het nog 'n laag room bo-op. Jy kyk nie twee keer of jou kar gesluit is nie. Die sonopkoms is onmisbaar mooi.
Hier is tyd en plek vir die Here
Elke foto is ’n Album van blomme wat ons reeds gedoen het by troues. Let daarop dat ons enigeiets kan maak volgens u begroting.
Nog Albums volg binnekort.